Franja du Plessis

As jy na die skaam donkerkop kyk val haar skoonheid jou eerste by, maar as jy dieper delf sal Franja du Plessis se vele talente die grootste indruk by jou laat. Jy sal meegevoer word deur haar warm stem terwyl sy liedjies sing wat meestaluit haar eie pen kom.

Haar debuutalbum, My Verhaal is in Junie 2016 uitgereik met sestien oorspronklike snitte waarvan sy alles self geskryf het. Die eerste enkelsnit vanaf die suksesvolle album, Stad van Verlange was ‘n groot radiotreffer met meer as 1,6 mijoen kykeop YouTube. Daarna het die radiotreffer, Ek Kan Nie Ophou Kyk gevolg wat met net onder 2 miljoen kyke spog.

Franja het saam met haar gesin in 2001uit Windhoek na Suid-Afrika verhuis waar sy haar loopbaan by die Hoërskool Wilgers in Pretoria voltooi het. Sy het ook deelgeneem aan die skool se revue en het die hoofrol daar vertolk. Daarna het sy haar skryftalente verder gaan slyp deur musiek en produksie by die Berkley Universiteit in California te studeer. Alhoewel sy reeds haar eie onafhanklike musikale identiteit geskep het, is die musieksaadjie van ‘n vroeë ouderdom af by haar geplant en gekweek. Haar ma, Juanita du Plessis het geen bekendstelling in die Afrikaanse musiekbedryf nodig nie as een van die grootste Afrikaanse kunstenaars van alle tye met meer as 3 miljoen albums wat verkoop het.

Sy is lief vir die verhoog en om die land plat te toer, maar tussen die warboel van die vermaakbedryf is dit belangrik vir haar om refleksie te neem. “Psalm 46:10 lê baie na aan my hart: Be still and know that I am God”, noem sy. “Ek probeer elke dag die beste weergawe van myself te wees en die lewe voluit aan te pak, maar lewe ook elke dag vir God en vertou dat hy my op die regte pad sal hou.”