Menu

Irene Louise van Wyk

Irene-Louise Van Wyk is ‘n sangeres, mamma, vrou en besigheids eienaar wat haar hele lewe al woon in Pretoria Oos. Met verskeie nommer een treffers. Sy het ook al saam met van die land se grootste kunstenaars op getree, gesing en getoer. 

Musiek vloei deur hare are van kleins af met haar Ma wat die wyle sangeres Irene Van Wyk was en Pa, musiek promotor Louis Van Wyk. Irene-Louise van Wyk het geen bekendstelling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nodig nie. 

Die afgelope ses jaar het sy haarself gevestig as sanger en verhoogkunstenaar. Die geesdriftige blondekop se nuwe enkeisnit getiteld “Ek Voel Soos Oee” is eg aan Irene-Louise se unieke styl, baie modern en het ‘n Iekker vars klank vir Afrikaans wat reeds met geweldige belangstelling begroet is!